Is the brand Johann Pienaar Motors trustworthy?
Unsatisfactory
Satisfaction Index over the past 12 months.
Response Rate
0%
Average Response Time
0%
Solution Rate
0%
Average Ratings
0%
Customer Retention Rate
100%
  • +27 23 880 0311
    Call to national mobile phone
  • Beaufort West, South Africa, 6970
  • [email protected]
Is this your company? Click here

Johann Pienaar Motors - Swak diens en skade aan voertuig

No resolution
Chrisma Van der merwe
Chrisma merwe filed the complaint
30 July 2024
In Mei 2024 het ek en my vrou die bakkie gaan haal op Beaufort Wes en teruggesleep Murraysburg toe. Met die aankoms hier het ek gesien dat die “Driveshaft en Gearbox” nie op bakkie was nie. Ek het vir Johann gekontak en hy het gese hy sal kyk. Hy het dit gekry en ons het WEER spesiaal vir dit Beaufort wes toe gery.(300km)
Ek het hom weer gekontak en gevra hoe kan hy die bakkie engine en parte net so agter op gooi en waar is die “f…ken” parte, waarop hy gese het ek moenie hom vloek en het foon eenvoudig in my oor doodgedruk.
31 Mei 2024 het die persoon wat vir my n nuwe engine gebring het agtergekom dat die Top ook nie by die parte was nie, Hy het spesiaal uit WELKOM (R1900 vervoer,normaalweg is dit teen AA tarief) gery om die engine te bring en weer die stukkende engine terug te neem. My vrou het Johann laat weet dat die part ook kort,waarop hy geantwoord het hy sal kyk op die “JOB CARD” Sy het hom weer gevra of hy dit gekry het op die 3de Junie 2024,waarop hy geantwoord het hy soek nog en is baie besig. Op die 6de Junie het sy hom weer gekontak en gevra of hy dit gekry het,waarop hy gese het dis daar. Sy het hom gevra of hy dit direk vir die “mechanic” kan courier aangesien dit hul fout was en die een wat die bakkie uitmekaar gehaal het se nalatigheid was. Waarop hy dadelik geantwoord het hy hou nie van haar houding nie. Sy het n baie beskaafde whats app boodskap gestuur. Ons moes die part toe op eie onkoste courier Welkom toe.
Die plaaslike motorwerktuigkundige op Murraysburg sou vir my die bakkie aanmekaar sit. Na n week het hy my laat weet hy sien nie kans nie, aangesien die hele engine van bo tot onder gestrip was. Die “radiator” was ook beskadig. Die boute en moere was glad nie teruggesit nie en dit gaan net te moeilik wees om elke partjie te bestel om net weer te sien die volgende goed kort. So moes ek toe n plan maak en die bakkie moes toe WELKOM toe gesleep word nie die motorwerktuigkundige wat die engine oorgedoen het, het al die nodige parte in sy werkswinkel. Dit het my R4500 ekstra gekos net om die bakkie by hom te kry.
Daar gekom het hy gese daar is 2 sensors gebreek (gearbox sensor R1900 en diesel sensor R8000), dit kon nie vanself breek,dus het die werktuigkundige by Johann Pienaar dit gebreek. Motorwerktuigkundige in Welkom het gesien hoe al die parte los en deurmekaar uitmekaar gehaal is agter op die Ford, daarom waar hy normaalweg R6000 kwoteer om n engine in te sit, gaan hy nou R15 000 plus vra om dit in te sit, meer as dubbel, dus nog n R9000 ekstra uitgawe a.g.v Johann Pienaar Motors. Die motorwerktuigkundige in Welkom het die engine ingesit en bakkie kon nie aanskakel, hy moes toe weer iemand kontak om te kom toets waar die fout le en dis waar hul sien die sensor is gebreek, hy moes toe weer oopmaak,nadat alles klaar was. (Hierdie bedrag is ook onnodig, a.g.v. nalatigheid)
Hy het genoem dat die manifold ook gebuig was, die ratkas sensor agter het hul gebreek en sommer die drade afgeknip, asook die harnaste geknip in plaas van dit uit te plug.
My vrou het ook genoem dat daar n boksie met parte net so op die agtersitplek kussing gesit was, die kussing het n groot oliekol op.
Op 10 Julie 2024 het ek vir Johann Pienaar n whats app boodskap gestuur om se se van al die skade wat hy my berokken het en genoem dat dit Vandalisme is. Hy het my daarna gebel, kortaf en gese hy soek die motorwerktuigkundiges se nommers , want hy is nie bewus van dit nie.
Op Maandag 22 Julie het ek hom gewats app en gevra dat hy terugvoer moet gee. Geen terugvoer gekry nie.
Totale ekstra uitgawes dus:
Ry om Dirveshaft en Gearbox te haal in Beaufort Wes 300km x AA tarief R9 kilo = R2 700.00
Kourier van Top na Welkom =R 300.00
Gearbox sensor =R1 900.00
Diesel sensor ( wag nog om te kry, geskatte waarde) =R8 000.00
Sleep van bakkie Welkom toe, nie teen AA tarief =R4 500.00
Welkom motorwerktuigkundige ekstra vir insit van engine (los parte ens) =R9 000.00
Skade knip van drade, harnaste, geen boute en moere ens nog nie bedrag nie! =R ?????
Rede vir die skrywe is dat ek al die onnodige uitgawes terugbetaal wil he.
Incident date: 30 July 2024
This complaint has been considered as not resolved.
Comments
This complaint has no comments yet.